Madame Tussauds

Madame Tussauds in Londen (die roomkleurige gebou).

Madame Tussauds is 'n wasmuseum wat in 1835 (1835), deur die Franse wasbeeldhouer Marie Tussaud in Londen gestig is. Dit het gelei tot soortgelyke museums in groot stede oor die wêreld heen. Dit is aanvanklik gespel "Madame Tussaud's", maar die afkappingsteken word nie meer gebruik nie.[1]

Die museum is sedert die Victoriaanse tydperk 'n groot toeristeattraksie in London. Dit bevat wasbeelde van beroemde en historiese figure, asook gewilde karakters uit rolprente en televisieprogramme wat deur beroemde akteurs vertolk word.[2] Dit word bestuur deur die Britse vermaakmaatskappy Merlin Entertainments en het nou museums in stede op vier kontinente; die eerste oorsese museum het in 1970 in Amsterdam geopen.[3]

  1. Rothstein, Edward (24 Augustus 2007). "Ripley's Believe It or Not – Madame Tussauds". The New York Times. Besoek op 12 Mei 2010.
  2. Smith, Andrew; Graham, Anne (2019). Destination London. The Expansion of the Visitor Economy. University of Westminster Press. p. 6.
  3. "Madame Tussauds' to open shop in Delhi". The Times of India.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search